Jou liefdesgedig

Ek skryf ‘n liefdesvers
met spookasempienk
met jakarandablommetjiespers

Met silwer maanskyn
met alle sterre
groot en klein

Met goud sonlig
skryf ek vir jou
‘n romanties liefdesgedig

Met heuninggeel
of watter rëenboogkleur
jy maar wil

Byvoorbeeld koringblomblou
om jou te sê
ek is lief vir jou

Advertisements
Standaard

In hierdie woorde

Liewe Afrikaanse vriendinne
beste Afrikaanse vriende
lees hierdie sinne

Uit die hand
van ‘n digter
erêns uit Nederland

Julle moet weet
ek is hier
In hierdie woorde
op die papier

En ek sal
hier altyd wees
as julle hulle
een-een lees

Standaard

Dankie jy is ‘n vriend vir my

Dankie jy is ‘n vriend vir my
ek reis die wêreld op en neer
jy het ‘n hart van goud
want jy is ‘n vriend en soveel meer

Ek skaam my nie om te sê nie
ek hoop dit sal vir altyd so bly
dus ek lig my hoed en buig vir jou
so sê ek dankie jy is ‘n vriend vir my

As jy ‘n groot fees gee
en elkeen wat jy ken is hierby
dan gee ek vir jou die grootste geskenk
met ‘n kaart wat sê dankie jy is ‘n vriend vir my

Dankie jy is ‘n vriend vir my

As jy ‘n fiets nee as jy ‘n ‘n kar mis
dan gee ek vir jou die grootste wat daar is
met alles wat jy nodig het daarby
dankie jy is ‘n vriend vir my

Ek skaam my nie om te sê nie
ek hoop dit sal vir altyd so bly
dus ek lig my hoed en buig vir jou
so sê ek dankie jy is ‘n vriend vir my

En as ons ouer word
en ons wandel met kieries en grys haar
moenie bang wees nie ek fluister in jou oor
vir die ander nouliks hoorbaar:

Dankie jy is ‘n vriend vir my

En tot slot vertel ek jou my vriend

As ons sterf en ons reis deur die nag
die silwer maan en Melkweg verby
jy sal my stem hoor in die wind
wat jou sê dankie jy is ‘n vriend vir my

Dankie jy is ‘n vriend vir my

Standaard

Wanneer ek ‘n trein hoor

In Putsonderwater het ons huis gestaan
naby ‘n druk treinspoor
waar ons die treine kon hoor
tot laat in die aand

In Putsonderwater was dit fyn
want daar gebeur soveel
maar nou is dit stil
op die verlate treinspoor sonder trein

Maar nog altyd vertel die wind
aan elke boom se blare
van die mooie jare
van my en my meisiekind

Selfs al woon ek
heel veel jaar later
kilometers verder as Putsonderwater
op’ n fantastiese plek

Naby ‘n lang treinspoor
waar ek na soveel jaar
nog altyd dink aan haar
wanneer ek ‘n trein hoor

Standaard

Moenie weggaan nie (Eie hertaling van Ne me quite pas)

Moenie weggaan nie
want jy moet weet
jy kan alles vergeet
asof dit nie bestaan nie
ons mors ons tyd
dus vergeet dit want
deur misverstand,
haat en nyd
maak ons ons geluk
so dikwels stuk
maar jy moenie weggaan nie

Ek soek vir jou
net vir jou alleen
die juwele van reën uit lande sonder reën
die pêrels van dou
elke skat uit die see
of ek grawe soos ’n hond
in die hard grond
na goud om jou lyf te beklee
ek stig ’n gebied
waar ons ewig saamwoon
met ons op die troon
elke haat laat verdwyn in die niet
dus jy moenie weggaan nie

My liewe meisiekind
ek sal vir jou soek
in elk woordeboek
om ‘n taal uit te vind
wat alleen jy verstaan
maar hou tog aan
ek sien jou weer
as was dit die eerste keer
met liefde vir jou so groot
want ek bemin jou tot my dood
dus jy moenie weggaan nie

Liefling kan jy dit glo
uit ’n ou vulkaan
wat jare lank stilstaan
kom eendag die vuur weer na bo
soos op die velde leeg en woes
eendag die graan
weer hoog staan
vir ’n nuwe oes
deur vreugde verdwyn die smart
soos die swakheid deur die krag
soos die dag deur die nag
onthou jy woon nog altyd in my hart
dus jy moenie weggaan nie

Want daar is geen lewe sonder jou nie
dus laat my nie alleen nie
ek sal nie meer praat nie
ek sal nie meer ween nie
ek sal wegkruip om na jou te loer elke dag
om te sien hoe jy loop deur die straat
om te kyk hoe jy glimlag
om te luister hoe jy sing
om te hoor hoe jy praat
maar belowe my ’n ding
maak my jou skadu op die grond
maak my die klank van woorde uit jou mond
wis vir my elk traantjie
maar jy moenie weggaan nie

Standaard

Jou glimlag

Ek hou van beskawing
darem is my verslawing
keurig en net
sonder dagga, sigaret

Of alkoholiese drank
ek sit liewer op die bank
met ‘n pen en notaboek
terwyl ek na woorde soek

Vir ‘n nuwe gedig
wat jou mooie gesig
plooi in ‘n glimlag
darem skryf ek elke dag

Standaard