Later

Liewe kleine jong seun
met sy vliegtuigie wat rooi is
hy dink nou al aan later
omdat dit so mooi is

Want baie jare later
as hy groot is
met ‘n eie vliegtuig
en regtig ‘n piloot is

Dan sal hy vlieg
tot waar die hemel is
om te kuier by sy moeder
omdat hy haar so mis

Advertisements
Standard

Is ek ‘n digter

Is ek ‘n digter
wat Hollands, Afrikaans, Fries
partykeer ook Engels of Frans skryf
wat sy woorde sorgvuldig kies

Is ek ‘n digter
‘n groot woordkunstenaar
of is ek slegs
‘n eenvoudig rymelaar

Is ek ‘n digter
‘n taalvirtuoos elk woord in die kol
of skryf ek slegs
sinloos my papier vol

Ek hoop ek is ‘n digter
want dit lyk my ‘n mooie taak
om met my gedigte
julle almal gelukkig te maak

Standard

Haar briewe

Die teer woorde
van sy lief
hulle vind daagliks
hul weg in ‘n brief

Maar die jong posbode
wat hulle almal afgelewer het
by sy huis
hy sterf gister in sy bed

Waardeur die teer woorde
van sy lief
almal in stilte strand
so mis hulle haar brief

So verdwyn met die dood
van die posbode van sewetien jaar
die liefde vir hom
stadigaan by haar

Terwyl hy in die grote tuin
met rose en seringe
in stilte saggies oor haar treur
omdat hy haar mis in alle kleine dinge

Standard