Die kleine blom

Hy is ‘n skoenlapper
met bonte vlerke
wat woorde versamel
vir sy eie werke

By ‘n kleine blom
so besonder en spesiaal
met haar wortels stewig
in die Nederlandse taal

Vind hy sy skat
van pragtige woorde
wat almal ingekleur is
deur eksotiese oorde

Om dan vervolgens
in haar eie tyd
groot te word en te blom
tot ‘n taal met eie identiteit

Hy sal hierdie woorde
dan heel versigtig vat
om hulle dan een een
uit te strooi op ‘n blad

Waarop hulle ‘n gedig word
of ‘n spannend verhaal
sodat elkeen geniet kan
van die Afrikaanse taal

Advertisements
Standard

Moedertaal

My mooie moedertaal
met die paplepel ingebring
ek geniet elk woord
wat die stilte laat sing

Ek is lief vir elke klank
so sag, soet en puur
ek hoop dat dit
my hele lewe mag duur

Want was ek sonder
my mooie moedertaal
dan swy elke gedig
of elke verhaal

Standard

Onbetaalbaar

Daar is nog soveel
wat ek almal
nog graag doen wil

en wat ek sal kon doen
as ek die besitter was
van ‘n miljoen

Maar ‘n vriendelike gebaar
‘n mooie oogopslag
‘n goeie gesprek
‘n liewe glimlag

Of net ‘n soen van haar
dit bly vir my
selfs met ‘n miljoen onbetaalbaar

Standard