Die na-aap-aap

‘n Na-aap-aap uit Namakwaland
hy dink dis regtig interessant
om elk dier na te aap
hy oefen dit as hulle slaap

So het hy van elk dier uit Namakwaland
van kleine muis tot grote olifant
hul karakter oorgeneem
waardeur hy van homself vervreem

Want al dra ’n aap ’n goue ring
is en bly hy en lelik ding
want sy eie identieteit
raak hy hierdeur kwyt

Toe kom die aap uit die mou
want hy verstaan al gou
in Namakwaland is elk dier
uniek op sy of haar eie manier

Standaard

Liedjie

Musiek is ‘n taal
wat jy praat sonder woorde
dit vertel ‘n verhaal
met note en akkoorde

Ek ken die woorde wel
maar hoe ek die grammatika toepas
hopelik leer ek dit snel
sodat ek julle dan kan verras

Want my gedigte groot of klein
hulle is soos ‘n liedjie
met of sonder ‘n refrein
maar hulle klink beter met ‘n melodietjie

Standaard