Klein voëltjie

Elke klein voëltjie
in ‘n boom fluit
as die dag begin
met sy eie geluid

So is elke voëltjie
geseën met die talent
mooie wysies te sing
sonder ‘n musiekinstrument

Of dat hy gebruik maak
van ‘n bestaande partituur
‘n kleine sanger vir ons
in die vroeë oggenduur

Tot laat in die aand
wat sal dit heerlik wees
om so te lewe
sonder kommer, pyn of vrees

Advertisements
Standard