Julle vriendskap

Beste vriende
liewe vriendinne
van Suid-Afrika
hier ‘n paar sinne

Van my
julle mater
aan die andere kant
van die blou water

Baie dankie
vir julle vriendskap en elke keer
dat julle my gedigte lees
‘n duimpie hierby neersit en hierop reageer

Advertisements
Standaard

Reën 2

In die sterrenag
met silwer maan
nà dit tyd was
om bed toe te gaan

Lê jy op jou bed
wawyd wakker en alleen
en luister jy my liewe kind
hoe dit saggies reën

Want jy weet elke druppel
wat val op die sinkdak is uniek
want elkeen hoor net die reën
maar jy hoor mooie musiek

Standaard

Jou kussing

My liewe lief
bring my asseblief
die kussing van jou bed
waarop jy elke aand gedroom het

Dan sal ek heel lekker slaap
in die Kaap
onder kombers sag soos dons
en elke aand droom van ons

Standaard

Tyd 2

Tyd is
oral en stil
en is
so onglooflik veel

Is dit
‘n dief? nee
of waterdruppel
in ‘n see?

Nee, nee!
my glo niemand
ek sê
tyd is sand

Kleine korreltjies
wat eens was
in ons
lewe se uurglas

Standaard