Wag vir jou

 

In die helder oë
van ‘n vrolik kind
agter die reënboë
waar die droom begin

Verby die sterre en die maan
êrens tussen nooit en nou
hier sal ek staan
my lief en wag vir jou

Maar ook as die nag
weer stadig verdwyn
in ‘n nuwe dag
vol met sonskyn

Op die oop plek
tussen vergeet en onthou
hier my lief wag ek
alleen vir jou

Standaard

Jou teddiebeer

Ek sou as ek ‘n nagtegaal was
elke môre vir jou sing
ek sou jou as ek ‘n hanswors was
elke dag vreugde bring

Ek sou jou as ek ‘n digter was
my mooiste gedigte voorlees
maar ek was gelukkiger
al kon ek jou teddiebeer wees

Want dan was ek
elke dag van my lewe geseën
omdat ek dan elke aand naby jou lê
met jou arms om my heen

Standaard

Die son skyn altyd op tv

In die helder lug
hoog bo jou en my
soos voëls in hul vlug
dryf die wolke verby
‘n blou oseaan met wit strand
dis vir ons twee
die regte vakansieland
maar dis jammer om te sê die son skyn altyd op tv

Rustig wuif elke palmboom
op die strand in die wind
in hul skadu kan jy heerlik droom
in de skulpies wat jy vind
hoor jy glo dit of nie
saggies die ruis van die see
alles is regtig heel mooi as jy dit sien
maar dis jammer om te sê die son skyn altyd op tv

‘n Pragtig land met gawe mense
daar is veel teaters en flieks
Jy kan as jy dit wens
ook in groen parke loop
vir ‘n drankie of tapas
is daar orals ‘n kafee
met ‘n vrolik terras
maar dis jammer om te sê die son skyn altyd op tv

Standaard

Droom 2

Elke dag van die jaar
droom ek elke aand van haar
sonder dat ek weet of sy
ook elke aand droom van my

Dus ek vra haar liefling
stuur jou sagte kussing
van jou grote bed
waarop jy vanaand gedroom het

Dan kan ek sien of jy
vanaand gedroom het van my
want droom sy van my en ek van haar
dan is ons vir ewig bymekaar

Standaard