Doodlebug se teddiebeer

Hier is Doodlebug
presies een en half jaar oud
leef hy alleen
op onse grote wêreld

Want Doodlebug
het as klein kind
op ‘n môre
sy ouers verloor

Daarom neem Doodlebug
uit Australië
oral waar hy kom
sy teddiebeer mee

Want sy kleine teddiebeer
so lief en heerlik sag
beteken vir Doodlebug meer
As ‘n vriend in die nag

Advertisements
Standard

Charlotte

As reënvingers vroetelvat oor my vensters

en ek wawyd wakker lê in ons bed
wonder ek of jy vanaand vir my
die sterre gesaai het
wat rondom die silwer maan gaan

as ‘n broodkrummelspoor
in die donker lug om my toon
hoe ek gaan na die plek
in die hemel waar jy nou woon
saam met elkeen wat ek verloor het

Standard

Sprokiesheld

In my verbeelding
was ‘n hark ‘n paard
‘n skoppie en besempie
‘n skild met swaard

Ons tuin ‘n koninkryk
die tuinmeubels ‘n paleisie
hierin woon ‘n prinses
my liewe buurmeisie

Die buurman se hond was ‘n draak
waarvan ek haar moes red
as ek maar ‘n ridder was
wat die moed gehad het

Dan was ek haar held
en sterker as hy
dis hoekom ek saggies huil
as ek verby haar huis ry

Standard