Die na-aap-aap

‘n Na-aap-aap uit Namakwaland
hy dink dis regtig interessant
om elk dier na te aap
hy oefen dit as hulle slaap

So het hy van elk dier uit Namakwaland
van kleine muis tot grote olifant
hul karakter oorgeneem
waardeur hy van homself vervreem

Want al dra ’n aap ’n goue ring
is en bly hy en lelik ding
want sy eie identieteit
raak hy hierdeur kwyt

Toe kom die aap uit die mou
want hy verstaan al gou
in Namakwaland is elk dier
uniek op sy of haar eie manier

Standaard

Liedjie

Musiek is ‘n taal
wat jy praat sonder woorde
dit vertel ‘n verhaal
met note en akkoorde

Ek ken die woorde wel
maar hoe ek die grammatika toepas
hopelik leer ek dit snel
sodat ek julle dan kan verras

Want my gedigte groot of klein
hulle is soos ‘n liedjie
met of sonder ‘n refrein
maar hulle klink beter met ‘n melodietjie

Standaard

Die boek

Alleen in die stad
die reën wat val
dit maak alles nat

Waar kan ek heen?
waar kan ek skuil?
vir hierdie reën

In die boekwinkel:
“‘n Boek van Loek”
hierin verdwyn ek
in ‘n groot boek

Hierin lees ek
met veel plesier
op my skuilplek

My sin vir sin
vanaf die eerste bladsy
‘n spannend avontuur in

Die donder knal
‘n tweede keer
die reën dit val

Onophoudelik hewiger deur
maar ek lees binne verder
sonder my hieraan te steur

Want met elke bladsy
word die storie spannender
maar wag … gaan dit nou oor my!

Standaard

My briefie vir vrede

My briefie vir vrede
vir alle aangename lede
saam met die res van onse planeet
julle maak my lewe kompleet

My briefie vir vrede
dis beslis geen wrede
net die allermooiste wense
vir julle liewe mense

My briefie vir vrede
dit bring my tot op hede
slegs in moeilikheid
want wil ek al my wense hierop kwyt

My briefie vir vrede
behoor dit tot die verlede
want niemand sal dit lees
dis nie omdat die papier te kort sal wees

Want my briefie vir vrede
vir elkeen is beslis geen smeekbede
waarop ek al my allermooiste wense sit
in watter taal skryf ek dit?

Standaard

2024

2023
Die ou jaar
dit
is nou klaar

Dankbaar
vir wat hy
of
is dit sy?

My
almal gegee het
hoewel ek
geen idee het

Wat
2024 my bring
weet
ek een ding

2024
dit lê hier
soos
‘n stapel papier

Wat
vir my wag
vanaf
sy eerste dag

Nes
sneeu so wit
nuwe herinneringe
hierop te sit

Standaard

‘n Gelukkig kersfees

Bring elkeen ’n gelukkig kersfees
laat jou hart ’n liggie wees wat skyn
wat die duisternis by elkeen
wat jou dierbaar is verdwyn

Bring elkeen ’n gelukkig kersfees
maak dit die allermooiste wat bestaan
waardeur elk probleem by elkeen
wat jou dierbaar is weggaan

Bring elkeen ’n gelukkig kersfees
maak dit gesellig en vier dit soos weleer
met elkeen wat jou dierbaar is
as was dit die allereerste keer

Bring elkeen ’n gelukkig kersfees
want eendag sal ons samesyn
in die allermooiste wêreld
sonder oorlog, honger en pyn

Standaard

Die reën verby *

Ek het behoefte aan
nee, ek het sin na ‘n lied
‘n vrolik lied dus nie
dus nie ‘n lied vol verdriet

Want die wolke huil grote trane
grote trane van reën
wat almal val op die stene
op die stene van die plein

Dus gee vir my ‘n kitaar
‘n pragtige kitaar vir my
dan bespeel ek met elke snaar
stadigaan die reën verby

(* Afrikaanse vertaling van die De rein foarby)

Standaard

Die sterre, die maan en die son

In die donkere nag
ek vra aan die sterreprag
is daar in die heelal ’n ster
wat daarbo naby of ver

Weet of ons mense eendag samesyn
in ’n wêreld sonder oorlog, honger of pyn
hulle antwoord vra dit aan die maan
hy sal jou vraag beter verstaan

Die maan sê wees soos die son
’n warmte en liefdesbron
vir elkeen hier op Aarde
anders is die lewe sonder waarde

Standaard

‘n Eie park

My liewe kind elkeen het
‘n park met bankie onder ’n boom
waarin hy soos ’n bed
die allermooiste drome kan droom

Waarin hy loop deur die gras
met bonte blommetjies getooi
as was dit die dae wat was
om nogmaals te geniet van die mooiste mooi

Dus geniet van jou kindertyd
soos ’n groot avontuur
maak herinneringe raak hulle nie kwyt
maar koester hulle solank jou lewe duur

Want hierdie tyd kom nie meer terug
nes die helder water
wat stroom onder die hout brug
onthou hierdie woorde vir later

Vertel dan met ’n glimlag
alles aan jou eie kind
sodat hy eendag
sy eie park met bankie vind

Standaard