Sonder jou

as jy nie bestaan het
sou die wêreld ophou draai
daar’s geen haan gewees nie
wat in die oggend sou kraai

sonder jou verdwyn ieder sterre lig
dan verduister die son tot swart
by jou weggaan, smeek jou, keer terug
na die kamers van my hart

want daar is geen land
en daar’s geen oseaan
of geen boom of plant
indien jy nie bestaan

verloor die reënboog sy kleur
elke nag sonder ‘n helder maan
verloor alle blomme geur
jy is, waar my gedagtes gaan

Advertisements
Standard

Woorde

daar was eens ‘n vrou
sy woon hier ver vandaan
êrens in ‘n land
waar die dinge anders gaan

sy sal as haar woorde
hulle sin sal kry
vir goed ‘n eind maak
aan haar stilbly

want dan skreeu sy
julle oorlog is onjuis
gaan daar moedig teen in
en maak ‘n vuis

maar sy durf nie
van haar af te slaan nie soos toe
haar liewe man dat ooit gedoen het
want sy weet nog hoe

haar man se sterke woorde
waar hy mee stry
was geen goeie wapens nie
en het tot sy dood gelei

Standard

Wintergedagte

Die sneeu val af en aan
vlokke dans in die wind
voëls wat na die son gaan

maak ‘n lang sware reis
dit word stiller om my heen
en alleen op die ys

verpak in ‘n warme jas
handskoene, mus en serp
wou ek dat ek so’n voël was

Standard

Wie?

Vriende en vriendinne
Hulle kom jou huis binne
En elkeen het plesier
Nou kom daar niemand hier

Want jy maak rusie met elkeen
Eens kom jy jouself teen
Want as jy nie lief is vir jouself nie
Wie het jy dan sê my wie?

Standard

Wat ek wil sê

twee verskillende wêrelde
Nederland en Suid-Afrika
hulle deel ‘n taal
met elk ‘n eie grammatika

dus moontlik is daar ‘n woord
vir u nie gewoon nie
maar wat ek wil sê
met hierdie kleine simfonie

laat ons twee verskillende wêrelde
so ver van mekaar vandaan
deur die liefde vir poësie
as vriende deur die lewe gaan

Standard

Troos

Liewe mamma ek mis jou
Want jy is nie meer hier nie
En die lug grys en grou

Huil nes ek baie trane
In alle strate en lane

In dit hoë gras
En elke plek
Waar ons eens was

En as ek goed luister
Hoor ek hoe die reën
My naam fluister

Dan is jy net naby
En troos jy my

Standard

Strate van gedagtes

 As ek alleen is, dwaal ek
in strate van gedagtes;
in my oue herinneringe
waar alles onveranderd is.

Want op hierdie plek
daar vind ek haar terug:
my moeder, wat ek verloor het
meer as 25 jaar terug

maar nog altyd baie mis.

Standard