Die spoor na haar

Ek vind op eensame nagte
op die kaart van my gedagte
nog altyd duidelik die spoor
na haar wat ek onverwags verloor

Advertisements
Standard

Ons herinneringe

Hulle bestaan uit fragmente
uit ons lewe
wat soos rolprente

afspeel in ons koppe

hulle is soos pêrels
uit die see van tyd
koester hulle almal

tot die ewigheid

want hulle is God se geskenk
wat Hy aan ons gee
om die mooie belewenisse
uit ons lewe opnuut te beleef
Standard

Hulpkreet van ‘n goudvis

‘n Goudvis in sy glasbak
wat deur ‘n meisie van tien
saamgebring is na die see
sodat hy dit kan sien

Terwyl die meisie
vrolik speel en lag
op die grote strand
op hierdie warm dag

En elke skulp geniet
skreeu hy in sy glasbak
onhoorbaar om hulp

Want in die sand naby die oseaan
is sy vryheid so naby
maar tog ook so ver

Standard

Die boek van my lewe

Die lug is grys – dit huil grote trane
ek verloor my in die strate
die verbygangers verskans hulle onder hul sambreel
maar ek het geen reënjas nie

Ek skuil in die boekwinkel
vir my is dit soos ‘n grot van Ali Baba
ek kyk na die bonte boeke
en sien al my gunstelinge

En daar agter Agatha Christie
vat ek ‘n boek met glimmende kleure open
dit en lees die eerste tien bladsye
dit klink na ‘n gawe storie

Ek gaan huis toe en maak my rekenaar oop
en ek soek na die storie op Bol.com
maar hulle het dit nie
môre gaan ek terug om die boek te koop

Standard