My eensaamheid

Dis my gevoel op die eerste skooldag
toe my moeder my verlaat het
my gevoel op ‘n verjaardagfees
waarop niemand met my gepraat het

Dis my gevoel by ‘n agtergelaat stoel
in die winter naby die see
of my gevoel as daar niemand kom
wanneer ek om hulp skree

Dis my gevoel op ‘n leë stasie
as hier geen trein meer ry nie
my gevoel nà ‘n brief aan ‘n vriend
waarop ek geen antwoord kry nie

Dis my gevoel nà die verlies
van ‘n dierbare wat elkeen verstaan
as ek hier geen woorde vir vind nie
omdat hulle dit lees in elke traan

Dis my gevoel by ‘n pretpark
met sluitingstyd met veel reën
tog is ek nie alleen nie
met my eensaamheid om my heen

Advertisements
Standard