Ek kleur

Die silwer maan
elke heldere ster
wat bô ons staan

Die warme son
elke bonte blom
op jou balkon

Die diere van die land
van kleine vlooi
tot grote olifant

Die hemel se blou
die witwol wolke
kleur ek nou

Met veel plesier
met my palet van woorde
op ‘n vel papier

Ek hoop net ‘n ding
by alles wat ek skryf
jy my liefling

Dit sal wees
wat my gedigte
met liefde lees

Standaard