Senryu

Ons hoor sy Storie
as ons die stilte verstaan
in sterrestemme

Advertisements
Standard

Die wind 2

Luister mooi my kind
dan kan jy hulle hoor
die verhale wat die wind
vertel aan die hawer

Luister mooi my kind
anders hoor jy hulle nie
die verhale wat die wind
sig-sag sing in die riete

Luister mooi my kind
jy is ‘n digter gebore
wanneer jy in die wind
dit alles mooi kan bêre

Standard

Ons tyd

Ons mors ons kosbare tyd
so dikwels en soveel
daarom het ek die wysers
van elke klok gesteel

Nou is daar geen kerkklok
wat op die plein nog lui nie
en daar is geen horlosie of wekker
wat die tyd nog aandui nie

So lewe ek gelukkig
want van die tyd bevry
sal die mooie momente
van ons saam vir altyd bly

Standard

Gebed

Heer reik my U hand
waaraan ek kan vashou
as ek wegsink in die dryfsand
van my eie probleme.
Heer help my by die afdroog
van elke gestorte traan
as ek my eensaam voel of hartseer
sodat ek weer na U kan gaan.

Heer gee my dag en nag
ten spyte daarvan dat ek faal
die deursettingsvermoë en krag
sodat ek my doel behaal.
Heer bly aan my sy
moet my nooit verlaat
en bevry my van slegte tye
sodat ek weer na U kan gaan.

Heer gee my U seën
en aan elkeen wat tot U bid
dan kan ons bymekaar wees
wanneer tye moeilik raak.
Heer gee my U trooswoorde
laat dit deur almal verstaan word
en help om hul verdriet te oorkom
sodat hulle weer na U kan gaan.

Standard

Ons gesprek

My liewe Afrikaanse vriendin
bly met my klets
want ek geniet die prentjies
wat jou woorde skets

as jy met liefde vertel
oor jou mooie land
sien ek die grote see
die skulpies en die strand

die hoë berge
met hulle pragtige uitsig
die rivier wat glinster
in die goue sonlig

die bome, die bonte blomme
die diere, die huisies en elk mens
eendag kuier in jou mooie land
saam met jou dis alles wat ek wens

Standard