Net vir julle

Met pêrels en juwele
uit julle Afrikaanse woordeskat
maak ek ‘n stewige brug
met hier agter ‘n kronkelpad

Van Holland deur België
na Suid-Afrika en terug
bou ek net vir julle
hierdie grote stewige brug

Van ‘n paar sinne
met woorde van my
waar die lang kronkelpad
julle na gedigte lei

Een eenvoudig  gedig
deur myself vir julle geskrewe
oor die mooiste herinneringe
uit my hele lewe

Advertisements
Standard

Die stories van die oseaan

My naam is Korneel
Korneel van Sloot
ek is ‘n skipper
van ‘n kleine boot

Ek is dikwels
ver van huis
so word die see
my nuwe tuis

Ek ken elke storie
van die silwer maan
en elke ster
wat bo my staan

Want ‘n meeu
‘n voël sterk en groot
ek voer hom
stukkies van my brood

Of ek gee hom
kleine vlokkies vis
sodat hierdie meeu
my hiervoor dankbaar is

My die stories vertel
van die oseaan
en die maan en elke ster
wat bo my staan

Standard