My gedig vir haar

Het iemand ‘n pen, ‘n viltpen
Of ‘n potlood vir my?
Het iemand ‘n vel papier
Of ‘n blocnote vir my?

Het iemand ‘n onderwerp
Of ‘n tema vir my?
Het iemand ‘n rymstyl
Of ‘n rymskema vir my?

Het iemand inspirasie
Of ‘n idee vir my?
Ek soek dit plek-plek
Soek julle saam met my?

Dit is vir ‘n gedig
‘N gedig waarmee ek netnou
Vir haar kan sê
Liefling ek is lief vir jou

Advertisements
Standard

Hosa radio: “Raai my Lawaai”

https://www.dropbox.com/s/g80xvhre3gcpfyq/Raai%20my%20Lawaai%2006-08-2014.mp3?dl=0

4 van my gedigte op Radio Hosa wat is voorgelees op 6 augustus 2014 in Raai my Lawaai van DjHexi. (Let op u moet die radioprogramma download)

Dit gaan om die gedigte: (Die nommers agter die titel gee aan wanneer u hulle kan luister)

1 My bestaan 32’37”

2 Die koekoekklok 50’00”

3 Skoolreis 51’11”

4 Kosbaar geskenk 1’34″07

Op 12 november is my gedig:”Slegs ‘n gedagte” voorgelees. My gedig: “Slegs ‘n gedagte” is ‘n vertaling van ‘n eie Nederlandse gedig.

13 Januarie As woorde stilraak in Tussen Woorde voorgelees

19 mei Seeliedjie voorgelees in Tussen woorde voorgelees

Standard

My gedagtes

In my hoof woon gedagtes
Met verdriet en plesier
Hulle is soos bootjies
Wat gemaak is van papier

Uit die hawe van verbeelding
Vaar hulle een een uit
Op ‘n lang avontuurlike reis
Waarvan die bestemming poësie luid

So vind hulle die weg
In ‘n see van ink
In ‘n nuwe gedig
Wat fantasties klink

Standard