Die sterre, die maan en die son

In die donkere nag
ek vra aan die sterreprag
is daar in die heelal ’n ster
wat daarbo naby of ver

Weet of ons mense eendag samesyn
in ’n wêreld sonder oorlog, honger of pyn
hulle antwoord vra dit aan die maan
hy sal jou vraag beter verstaan

Die maan sê wees soos die son
’n warmte en liefdesbron
vir elkeen hier op Aarde
anders is die lewe sonder waarde

Standaard

Lewer kommentaar