Die lewe 2

‘n Teater met verhoog
met ‘n pragtig stuk
vol liefde en met geluk
waarin ek ook ‘n rol speel

Dis die lewe
geseënd met ‘n talent
erg mooi en so ongeken
om jou iets moois te gee

‘n Lied met musiek
met vrolike note, akkoorde
maar ook met woorde
wat heel mooi is en uniek

Klinkend soos ‘n gedig
met lewensles of raad
wanneer dit nie gaan
‘n Glimlag toor op jou gesig

Standaard

Naby jou

Die lug is grou en grys
daar blom blomme van ys

Op my huis se ruite
die sneeu val buiten

Buiten is die winter met sneeu, ys en kou
maar ek sit binnen warm gesellig naby jou

Standaard

My troeteldier se brief

Ek was gister
getuie van ‘n wonder
wat daar gebeur het
dit was regtig besonder

Met haar tong uit haar bek
‘n blou potloodjie
heel stewig vasgeklem
in haar kleine pootjie

Skryf my troeteldier
vir my ‘n brief
op ‘n stukkie papier

Heel geduldig en net
baie dankie vir alles
wat jy vir my gedoen het

Standaard

Mooiste land

Gee my woorde vlerke
dan reis jy my liefling
met albei jou oë toe
deur my verbeelding

Verder as die reënboog,
die zon, die maan
verby elke heldere ster
na waar ‘n droom ontstaan

Die mooiste land
waar deur jou liewe glimlag
elke dag van die jaar
verander na ‘n feesdag

Standaard

Storie

Gee die woorde vlerke
om ewe weg te swewe
deur die dikke boek
om ‘n avontuur te belewe

‘n Storie nie oor ‘n ridder
wat veg teen ‘n draak nie
ook nie oor ‘n kapitein
wat ‘n verre reis maak nie

Maar ons eie lewensverhaal
waarvan elk hoofstuk
deur ons self geskryf word
vol liefde en met geluk

Standaard

Dankie vir die boere

Beste vriende
liewe vriendinne
hoor hier
in ‘n paar sinne

‘n Kort loflied
‘n klein huldeblyk
vir elke boer
wat ons verryk

Want my dank
vir hulle is groot
want die boer
bring ons eiers, brood

Groentes, vrugte en vleis
elke dag weer
darem sê ek dankie
vir die boere liewe Heer

Standaard