As woorde ….

julie 21 2014 op Impala Radio Digmeesters voorgelees

Deur Annatjie van Zyl voorgelees

Advertisements
Skakel

Sprekende stilte

julie 21 2014 op Impala Radio Digmeesters

Deur Annatjie van Zyl voorgelees

 

Skakel

My verhuisberig

My kleine verhuisberig
Vanaf hede woon ek tevrede
In ‘n mooi gedig

Waarin elke sin ‘n fees
So pragtig is en sprokiesagtig
As jy begin met lees

Omdat van hierdie poësie
Elk woord wat jy hoor
Klink soos ‘n simfonie

Standard

Kinderdrome

As die heldere maan
Met die sterretjies
Aan die hemel staan

Vang die kinders
Hul mooie drome
As bonte vlinders

Wat word gebore
Met beide oë toe
Tot in die môre

As die son skyn
Weer een vir een
Stadig verdwyn

Standard

My bestaan

my lewe is ‘n legkaart
wat bestaan uit stukkies
van vreugde en hartseer

my onthou-pêrels
wat kom uit die helder water
van die see van tyd

My drome word as kleurskyfies
in my brein geprojekteer
vanaand as ek slaap

My gedagtes groot of klein
maak nes in my hoof
soos voëltjies so vry

Standard

My gedig

Wees welkom, kom binne
In my wonderlike werêld
vir jonk en vir oud
Jy is daar al in ‘n paar sinne

Dus lees my gedig
My mooie verhaal
In my eenvoudige taal
met ‘n glimlag op jou gesig

Maar alles op sy tyd
As in bos bonte blomme
Laat ek my gedigte uitkom
vir jou op elke bladsy

Want slaan jy nou hulle 1 vir 1 om
Dan is elke bladsy so wit as sneeu
Maar as ek mooi woorde het
Dan is jy hier werklik welkom

Standard