‘n Eie park

My liewe kind elkeen het
‘n park met bankie onder ’n boom
waarin hy soos ’n bed
die allermooiste drome kan droom

Waarin hy loop deur die gras
met bonte blommetjies getooi
as was dit die dae wat was
om nogmaals te geniet van die mooiste mooi

Dus geniet van jou kindertyd
soos ’n groot avontuur
maak herinneringe raak hulle nie kwyt
maar koester hulle solank jou lewe duur

Want hierdie tyd kom nie meer terug
nes die helder water
wat stroom onder die hout brug
onthou hierdie woorde vir later

Vertel dan met ’n glimlag
alles aan jou eie kind
sodat hy eendag
sy eie park met bankie vind

Standaard

Lewer kommentaar