Die lewe

Ek skop my skoene uit
om dan kaalvoet
in die gras te loop
om die dag te begroet

Ek praat, ek lag
ek maak plesier
om elke nuwe dag
van die lewe te vier

As ’n groot fees
want daar is soveel
om dankbaar te wees

In ons mooie land
van die kleine mier
tot die grote olifant

Advertisements
Standaard

Kinderparadys

Kom nou Piet
kom nou Faan
skool is klaar
laat ons gaan

Al ons huiswerk
is vir later
ons vang paddas
uit die water

Daar is blomme
met bonte vlinders
dis ‘n paradys
vir ons kinders

Op die veld
met hoë bome
hier belewe ons
al ons drome

Ons kan ry
in ‘n ysterkar
deur die land
like a moviestar

Standaard