Verskoning

Goeienaand my naam is Piet
‘n kind van die straat
waar elkeen my ken
vanweë my kattekwaad

Ek vra om verskoning
ek weet ek doen julle verdriet
as ek met my kleine kettie
klippies na julle katte skiet

Maar ek wil julle vertel
van my eie kleintyd
dit was nie altyd maklik nie
daar was dikwels swarigheid

Want my vader sonder werk
hou meer van drank
as van Moeder en my
sy sit dikwels op die bank

en kyk dan heeldag sepies
maar ek vra verskoning hierdie dag
want ek is regtig jammer
vir my slegte gedrag

Ek sal van nou af skool toe gaan
en met skryf en lees
elke dag my bes doen
sodat ek eendag ‘n engel kan wees

Standaard

Die tuinfeetjie

Wie kan jy skaars sien
want sy is so klein?
Dis die feetjie in my tuin
wat skielik verskyn

om in die reënboë
wat die sonlig toor
in pêrels van dou
tussen bont blomme
in die gras te dans
om jou te bekoor

Standaard

Verleentheid

Tale bemeester hy: amper vyf
waarin hy kan praat, lees en skryf
maar in die nabyheid van ‘n mooie vrou
vergeet hy al sy liewe woorde gou
want deur sy verleentheid gaan sit in sy lyf

Standaard