Haikoe 6

Lewe: ‘n legkaart
wat bestaan uit klein stukkies
vreugde en hartseer

Advertisements
Standaard

Haikoe 5

‘n Droom is vir ons
Herinneringe belewe
met beide oë toe

Standaard

Die boek van ons lewe

Ons lewe is ‘n boek
my liewe kinders
waarin die tyd verby vlieg
soos bonte vlinders

Want die tyd kom
en die tyd gaan vlug
maar gee die herinnering
aan ons terug

Die herinneringe is soos pêrels
uit die diep water
van die see van tyd
wat jy moet koester vir later

Want elke herinnering
van ons is uniek
en word vir ons
vasgelê op ‘n kiek

Vul hiermee liewe kinders
julle boek se bladsye
dan onthou julle vir altyd
die allermooiste tye

Standaard