Ons grote planeet

‘n Lewe in harmonie
vir elk mens
op ons grote planeet
is alles wat ek wens

Want alle mense
groot of klein
ons planeet is tog mooier
wanneer ons samesyn?

Met ‘n dosis liefde
vir elk persoon
wat hier almal
op ons grote planeet woon

Want dit maak nie saak
of jy arm is of miljoenêr
want elkeen op ons planeet
is n grote ster

Standaard

Boek vol geluk

Ons lewe is
soos ‘n boek
laat ons saam
die woorde soek

Dan skryf ons
saam elk hoofstuk
van ons boek
vol met geluk

Later lees ons
nogmaals alle bladsye
wat vol staan
met mooie tye

Dan belewe ons
ons geluk weer
al was dit
die eerste keer

Standaard

Die lewensboom

Die boom van die lewe
sterk en gesond
met sy wortels
diep in die grond

Van ‘n grote tuin
dit staan hier vir jare
met heelwat takke
wat vol hang met blare

Wat almal vrolik wuif
deur die wind se suggies
as jy kyk tussen hierdie blare
dan sien jy kleine vruggies

In hierdie vruggies
wat die lewensboom dra
word die kennis bewaar
vir die volgende generasie van Suid-Afrika

Standaard

Onse woorde

Asseblief onthou
die krag van onse woorde
vergeet nie
die mag van onse woorde

Want onse mooie woorde
wat klink na ‘n lied
hulle verdwyn
ongemerk in die niet

Word woorde
wat soos ‘n orkaan
wild en woes
‘n ander slaan

Onthou dit
van vroeg tot laat
wanneer jy
met ‘n ander praat

Standaard