Tyd

Moeiliker as die tyd
van ons afskeid
is die tyd dat ek moet wag
tot ek jou weer sien mag

Advertisements
Standaard

Op my kleine eiland

’n Klein eiland
mooi soos ’n gedig
waar ek kan geniet
van die pragtige uitsig

Van die hoë berge
die wye oseaan
maar van soveel meer
ver van Nederland vandaan

Op die kleine eiland
bestaan net die sommerseisoen
hier woon ek in ’n huisie
tussen bonte blomme en groen

Dis hier regtig fantasties
so mooi en so lekker stil
want hier is alles
wat ek maar wil

Nou ja amper alles
want daar ontbreek ’n ding
op my kleine eiland
dis jy my liefling

Standaard