Slegs alleen

Waar ek ookal is
ver of naby my deur,
ek droom haar
nog altyd in kleur

Dan hoor ek haar stem
sien ek die liewe lag
of voel ek net haar
aanwesigheid in die nag

Maar ek is nie eensaam nie
nee, ek is slegs alleen
met die stilte en in gedagte
met haar orals om my heen

Advertisements
Standard

Vader sy jas

Ek woon in ‘n jas
wat gemaak is van leer
‘n Waardelose jas vir jou
vir my soveel meer

Want hierdie leerjas
van ‘n goeie kwaliteit
‘n Sterk en stevig ontwerp
dis die jas van onse vader

‘n Mooi eksemplaar
wat onse moeder hom gegee het
op sy vyftigste verjaarsdag
wat hy so graag gedra het

Elke môre opnuut
as hy werktoe gegaan het
toe hy nog by ons was

In die diepe sakke
van Vader sy leerjas
hierin vind ek geld, sleutel van die huis
en sy identiteitsbewys

Maar liewe Vader kom terug
na Moeder, my suster en my
want in jou leerjas
met kleine dinge is ‘n gemis vir my

Standard

Wakkerword in ‘n droom

As bo die grote stad
die nag homself uitstrek
val my verbeelding
saam met my in die pad

Dan word ek wakker
in ‘n mooie droom
waarin ons saam is
vir ‘n oomblik

Hierdie droom gaan verby
as die warme sonlig
my smôrensvroeg wakkermaak
want dan verlaat sy my

Standard