My liewe vader

Hy is die wind
wat met my haar speel
hy is die sonstrale
wat my liggaam streel

Hy is die reënboog
hy is die silwer maan
en elke heldere ster
wat hoog bo my staan

Hy is die wolke
wat in die lug drywe
hy is in elke reël
van my skrywe

Hy is die lied
wat ’n nagtegaal sing
hy is in my gedagte
en elke mooie herinnering

Hy is soos ’n pêrel
in ‘n groot oester
hy is die persoon
wat ek vir ewig koester

My liewe vader
wat ek nou soveel mis
hy is my hele lewe naby
want hy is orals waar ek is

Advertisements
Standard

My boek

Ek het ‘n boek
met baie bladsye
hierop staan hulle
al my mooie tye

Wat ek belewe het
met my vader
wat ek geskryf het
maar as ek blader

Deur my boek
terwyl ek saggies lees
van alles wat was
verby en gewees

Dan belewe ek
die mooie tye weer
al was dit
die allereerste keer

Maar vir nou is die stilte
‘n leeg vel
my mooie woorde
kom later wel

Omdat hulle nou
nie uit kan lê
wat my trane
jou nou sê

Standard

Vaderdag?

Vandag 4 Junie
die dag kom nader
dan bederf elkeen
sy of haar vader

Winkel in en uit
met slegs die hoop
om die mooiste geskenk
vir sy of haar vader te koop

Maar 17 Junie Vaderdag
wat is dit nou?
op die oomblik
so sonder jou

Standard

My kleine tikmasjien

Ek mis nog elk oomblik
my kleine tikmasjien
sy vrolik getik

Want ek kon dit nie glo nie
met my oë toe
klink dit soos ‘n simfonie

As dit met plesier
sy letters agterlaat
op my vel papier

Want met die koms van die rekenaar
swyg my kleine tikmasjien
my kleine simfonie vir haar

Standard