Jaarboek

As ek die jaar
se mooie momente
een-een kan bewaar

Was dit in ‘n boek
sodat ek hulle
almal kan opsoek

Sodat ek, as jy wil
hulle een-een
met jou kan deel

Maar as jy boek 2019
se baie bladsye
vandag almal sien

Jy weet hulle is wit
hierop kan ons saam
nuwe mooie momente sit

Advertisements
Standaard

Ons huisie

‘n Huisie by die see
wat groot genoeg is
vir ons twee
in Suid-Afrika waar anders
waar ons dikwels luister
na die branders

‘n Huisie by die see
naby ‘n wit strand
waar ons twee
skulpies optel en klippies
waar die meeue in die lug
lyk soos stippies

‘n Huisie by die see
waar ons baie geniet
wanneer ons twee
vanaf ons balkon
die lug sien kleur
deur die kantelson

‘n Huisie by die see
naby ‘n wit strand
net vir ons twee
êrens in Suid-Afrika
dis vir vandag alles
wat ek vir ons vra

Standaard

Amper Kersfees

Drie dae voor Kersfees
ek sit by die ruite
waardeur ek kyk
na die wêreld buite

Ek sien die winkels
in die strate wat mooi
met bonte versiersels
kerstakkies en liggies getooi

Ek sien ‘n kersboom
met kersballe, liggies en glimstring
ek hoor ‘n kinderkoor
wat mooie kersliedjies sing

Ek sien die Kersvader
wat in sy slee ry
maar wie kan my vertel
waar die sneeu bly?

Standaard

Agter hierdie hek

Daar is ‘n padkaart
wat vir jou sê
wat alles is
en waar dit lê

Op die padkaart
is net ‘n plek
vir jou onbekend
dis die wêreld agter hierdie hek

Dus my liefling
maak dit oop
vat my hand
en laat ons loop

Op hierdiie plek
wat geen padkaart beskryf nie
dis die wonderlike wêreld
vol met die mooiste poësie

Ek weet my liefling
jy geniet hulle een-een
omdat ek dit self geskryf het
net vir jou alleen

Standaard