Die ontbrekende woord

Het jy geweet
die woordeboek is inkompleet
want ek het hierin gesoek
maar in die woordeboek

In heel die HAT
se grote woordeskat
van ons mooie taal
dan is die woord so spesiaal

So mooi en besonder
soos die klein wonder
wat jy my liefling vir my is
die woord wat ek hierin mis

Standaard

Sonder jou 2

Dit het stil geword
sedert jou afwesigheid
tog is jy hier
my vader nog altyd

Want ek is nog
met ons twee
want ek dra jou
my hele lewe mee

In my hart
se kleine kamer
dit maak elk moment
sonder jou aangenamer

Standaard

Die skindertong

Jou kleine skindertong
vol van venyn
hy doen dikwels
‘n ander pyn

Dit lyk stories
waarem jy lag
tot jy besef
op ‘n dag

Dikwels te laat
dat die skindertong
ook van jou praat

Dus bedink vir jy
van ‘n ander praat
aan hierdie woorde van my

Standaard