Aand met julle

Liewer as ‘n aand in die fliek
het ek ‘n aand vol musiek
en poësie saam met julle

Advertisements
Standaard

Mooiste sterre

1.000.000 Sterre of nog meer
miskien
maar ek het die mooiste in jou oë
gesien

Standaard

My liefdeslied vir jou

Liefling kom hier
kom eens gou
ek het ‘n geskenk
alleen vir jou

My hart klop
dag en nag
‘n mooi liefdeslied
teer ‘n sag

Dus kom naby
en druk jou oor
teen my bors
dan kan jy dit hoor

Want die liefdeslied
sag en teer
word deur my hart se klop
vir jou gekomponeer

Standaard

My uitnodiging

Beste vriende en vriendinne
kom by my op besoek
dan bring ek koffie vir julle
met suurlemoen sponskoek

Beste vriende en vriendinne
word dit dan laat
dan maak ek sop vir julle
met kruidnaeltjies, pieterselie en tamaat

Met roomys as nagereg
met skyfies pampoen
dus kom almal na hier
daar is altyd wat te doen

Want ons sal die dag
met mekaar verander in ‘n fees
waarop ons musiek speel
sing en gedigte voorlees

Standaard

My mooie digwoorde

Die son verdwyn
die lug word grou
daar word gesê
‘n storm kom gou

Ek vat my papier
met my pen swart of blou
dan skryf ek die mooiste gedigte
alleen my liefling vir jou

Maar die harde storm
wat nou deur die land raas
het my mooie digwoorde
van my papier geblaas

Maar my liewe liefling
jy moenie vrees nie
dat jy my mooie digwoorde
nou nie kan lees nie

Jy sal hulle almal hoor
in ‘n nagtegaal se lied
in die ritsel van blare
of hoë korings en in die riet

Standaard