Soentjie

‘n Klein soentjie
dis alles wat ek wil
‘n klein soentjie
dis tog nie soveel

‘n Klein soentjie
soet, teer en sag
‘n klein soentjie
vir die dag of nag

‘n Klein soentjie
my liefling dis vir jou tog ok
‘n klein soentjie
ek doen daar heel versigtig mee

‘n Klein soentjie
hier op my mond en nie so vlug
‘n klein soentjie
ek belowe jou jy kry dit netjies terug

Advertisements
Standard

2016 Amper verby

Vandag: 21 Desember
2016 is dus amper verby
die nuwe jaar: 2017
wag op jou en my

‘n Nuwe jaar
met 365 nuwe dae
‘n soektog na antwoorde
op 365 onbeantwoorde vrae

Want die nuwe jaar
is ‘n jaar in die mis
waarvan niemand weet
hoe dit nog is

Maar dit gaan regkom
want met mekaar
maak ons van 2017
‘n besonder jaar

Standard