Voorlesings in Gedigte Hoekie

Verskillende kere is my gedigte op radio Uitsaaines voorgelees in die programma Gedigte Hoekie.

Omdat daar regtes is op die programma ontbreek die skakels.

Advertisements
Standard

Op ‘n vel skryfpapier

Die eensame digter rou
Oor die grote verlies
Van sy liewe vrou

Elke aand in sy huisie
Naby die breë rivier
Huil hy al sy woorde
Op ‘n vel skryfpapier

Woorde soos trane van ink
Waarin sy hartseer
So duidelik klink

Maar al kon die tyd
Haar nie vashou nie
In al sy mooie gedigte
Leef sy liewe vroutjie

Daarom skryf hy met plesier
Soveel moontlik gedigte
Op ‘n vel skryfpapier

Standard

Verdwyn

sedert jy nie meer daar is
woon my verdriet
wat geen woorde ken
êrens diep in my

dit is nie te hore
vir die buitewêreld nie
maar in my ore
hoor ek dit telkens weer

iedere en elke dag en nag
soms klink dit hard
‘n ander keer sag
tot dit verdwyn het

Standard