Die pianis

As ‘n pianis streel sy
op klawers wit en swart
speel dan haar musiek
reg uit haar hart

Haar vingers dans
oor haar grote klavier
en in die kollig se glans
sing sy met plesier

Die mooiste woorde
waaruit haar lied bestaan
word deur note en akkoorde
omarm in driekwartmaat

Die hele gehoor geniet
haar “Valse d’amore”
met haar betowerende lied
‘n ster is sy gebore

Want van Suid-Afrika tot verby Turyn
is sy bekend by elkeen
omdat haar foto’s in elke tydskrif verskyn
tog voel sy altyd alleen

Advertisements
Standard

‘n Seintjie van jou

Puzzelstuk
Foto’s hou die herinneringe
met die allermooiste dinge
uit die lewe met jou vas
nou jy rus sedert jou dood
in moeder aarde se skoot
onder ‘n legkaartstukkie van blou glas

Vra ek my af, of jy
nog dink aan my
my ook soveel mis
as dit so is gee dan nou
‘n seintjie af van jou
van waar jy ookal is

Dus kleur die lug met die kantelson
laat ‘n voëltjie onder my balkon
een van jou gunsteling-liedjies sing
of laat ‘n posduif asseblief
‘n gedig of ‘n liefdesbrief
van jou na my bring

Standard

Masjinis

Die antwoord op die vraag
waarom het dit tog gekom
dat ‘n masjinis vandag
gedurig mor en brom

Is dit dan ‘n vrolike masjinis
steeds oor sy probleme sug
want hy kan so sy trein verpas
wanneer hy fluit met lus

Sodat hy nou moet verskyn
voor sy baas, in dié se kantoor
wie kla dat al die treine
te vroeg vertrek vanaf hul spoor

Want meneer van Ruiten
u kollega’s dink mos almal
by die hoor van u gefluit
kry ons die vertreksinjaal

Dus as u ‘n masjinis teekom
dink nie wat ‘n brommerige vent
as hy weer mor of brom
want die rede daarvoor is u ook nou bekend

Standard