Digters advies

Gebruik die digter
sy trane as ink
dan skryf hy gedigte
wat droewig klink

Gebruik die digter
as ink sy glimlag
dan skryf hy gedigte
soos ‘n feesdag

Maar die digter
sy beste gedigte skryf hy
as hy vir sy gedigte
‘n bietjie vat van albei

Advertisements
Standaard

In vrolike kinderoë

In die wêreld
wat ek altyd vind
in die oë
van ‘n vrolik kind

Waar elk oomblik
verander in ‘n fees
kon ek hier
maar elke dag wees

Standaard

Luna tot siens

Totsiens Luna totsiens
totsiens my liewe kat
ek is jammer om te sê
maar ek moet weer op pad

Met haar groen oë
kyk sy my aan
asof sy elk woord
wat ek sê verstaan

En op die vensterbank
agter die gordyn
sien sy my stadig
uit die straat verdwyn

En elke dag opnuut
swaai sy na my
en wag geduldig
tot ek weer huis toe ry

Standaard