Kleine bonte uil

Die kleine bonte uil
wat slaap met die dag
in sy hoë boom
hy is wakker met die nag

Want dan soek hy
in die helder maanlig
na die allermooiste woorde
vir ‘n fantasties gedig

Want die allermooiste woorde
hulle word gedra deur die wind
wat hulle strooi in die bos
waar die bonte uil hulle vind

Hiermee skryf die uil
met sy poot gou
op ‘n vel papier
‘n gedig net vir jou

Advertisements
Standard

My liewe woorde

Bonte skoenlapper
kleine boodskapper
van God
bring my liewe woorde
verby vreemde oorde
na Charlot

Standard

Gila

Liewe kleine Gila
die angs wat jy dra
is te swaar vir ‘n kind

En jou trane
hulle vul oseane
groot en klein

Maar onthou eendag
dan sal jy jou glimlag
en jou geluk weer vind

Dan sal die reënboë
in die mooie oë
van jou weer verskyn

Standard