My geskenk vir haar

Liewe Europese spreeu
wanneer jy verskyn
dan laat jy die dag
in die nag verdwyn

Bring dan vir my
elke heldere ster
wat bo ons skyn
van naby en ver

Bring vir my
die groot silwer maan
bring vir my ook
die mooiste droom wat bestaan

Gee dan vir my
hierdie geskenke aan haar
want dan is ek jou
so ongelooflik dankbaar

Advertisements
Standard

Nog altyd

Sy dwaal nog altyd
deur my gedagtegange
en nog altyd woon sy
in my hart se kamer

Standard

Woorde is soos die wind

Onse woorde is soos die wind
eendag sal jy dit verstaan
my liewe meisiekind
want hulle kom orals vandaan

En sonder dat jy hulle vind
kan hulle ook weer gaan
onse woorde is soos die wind
eendag sal jy dit verstaan

Hulle kan sag wees al is jy goedgesind
maar hulle kan ook raas soos ‘n orkaan
dan rig hulle heelwat skade aan
eendag sal jy dit ondervind
onse woorde is soos die wind

Standard

Onse kleine kat

Onse kleine kat lê
al is sy binne
in die vensterbank
heerlik in die son

Maar ook die bank
waar sy aan krap
of ‘n stoel is vir haar
as rusplek toevertrou

Partykeer lê sy
ook bo op my bed
laas vind ek haar
toe sy lê in die vullisblik

Standard

Voëlgedig

Stadig dryf die wolke
ver van ons vandaan
soos die vele bootjies
op die groot oseaan

Dan skryf die voëls
in die blou lug
vir ons ‘n gedig
op hul lank vlug

Na verre warme oorde
en so verdwyn stadig
al hul mooie woorde

Van die mooi gedig
wat hulle geskryf het
vir ons uit die sig

Standard