Jou mooie woorde

My liewe meisiekind
laat jou mooie woorde nie
in die stilte verdwyn nie
maar roep hulle in die wind

Of jy nou in Suid-Afrika
of êrens in Holland is
die wind wat hier waai
sal jou mooie woorde dra

Tot waar ek is
ek sal hulle almal hoor
en verstaan dat jy my mis
nes ek vir jou

Want die wind sal vanmôre
al jou mooie woorde
wat bestem is vir my
heel saggies fluister in my ore

Advertisements
Standard

Seeliedjie

Die liedjie van die oseaan
as jy naby kom liefling
dan kan jy dit verstaan

Die branders dein mee
op die ritme van die liedjie
wat deur die enorme see

Op die grote strand
saggies gesing word
terwyl ek in die sand

Met die kantelson as dekor
met haar meesing
o liefling as jy dit kon hoor

Standard