Herfs

My liewe kind
elke boom groot of klein
hier in ons dorp
of op die plein

Dus ook elke boom
vir ons deur
se blare kry met die herfs
elk ‘n eie kleur

Kyk hoe die wind
hulle een-een dans laat
soos gekleurde danseressies
deur ons straat

Kom tog gou
my liewe kind
want ek weet
jy sal dit pragtig vind

Standaard