My bottelbrief vir haar

‘n Somersdag op die strand
met ‘n liefdesbrief
wat ek geskryf het vir my lief
in ‘n bottel in my hand

Wat ek gooi in die oseaan
van die mooie Suid-Afrika
om dit vir my te dra
na my lief wat sal verstaan

Dat ek al vir soveel jaar
probeer om te sê
dat ek haar liefhet
en oud wil word saam met haar

My liewe meisiekind
wat sal so gelukkig wees
as sy my bottelbrief lees
wanneer sy dit eendag vind

Standaard

Verlore 2

Saterdag sewe Oktober
in die reën
op weg na huis
Kom ek haar teen

Verlore en eensaam
was sy daar
eens ‘n deel
van ‘n paar

Loop sy hier
met hom aan haar sy
maar hierdie mooie tyd
is nou vir altyd verby

In stilte huil sy
as sy dink aan toe
agtergelaat op straat
arme verlore kinderskoen

Standaard