My gedig op Eggo Poësie

Op 19 September word by Eggo Poësie vanaf 18:13 word my gedig My lewe voorgelees

https://soundcloud.com/search?q=eggo%20po%C3%ABsie

Advertisements
Standard

My lewe

In my hele lewe
hierin gebeur so ongelooflik veel
dis soos ‘n dik boek
waarin ek die hoofrol speel

En as ek my oë sluit
dan sal ek saggies sweef
deur die baie jare
van die lewe wat ek leef

Dan geniet ek elke moment
van elke nuwe hoofstuk
deur myself volgeskrewe
met fantasie en geluk

Dan vergeet ek vir ‘n oomblik
dat my lewe partykeer
ook soos ‘n bose droom kan wees
wat gevul is met hartseer

Standard