Jou moedertaal

Beste vader en moeder
uit ‘n dorpie of ‘n stad
deel julle woordeskat
liefderik met julle kinders

Aangename onderwysers
leer hulle skryf en lees
om so trots te wees
op onse moedertaal

Liewe kinders ek vra julle
skryf in jou moedertaal
‘n Gedig, lied of verhaal
so gee jy jou moedertaal deur

Advertisements
Standard

Die storie

‘n Kleine pen
vol met ink
vertel sy storie
wat op die papier klink

Die onsekere skrywer
haal woorde deur
of voeg hulle toe
terwyl sy pen treur

Want in ‘n snippermandjie
van die skrywer se kantoor
lê nou sy mooie storie
deur niemand gehoor

Standard

Drome

Wanneer die dag
in die nag verdrink
en die maan en elke ster
weer aan die hemel blink

Dan vaar my drome
nes skepe deur die nag
met hul lading van dinge
wat ek self bedink het

‘n Lang reis wat eindig
as die eerste sonnestraal
deur die spleet van die gordyn
my uit my slaap haal

Tot dit weer nag word
ek beide my oë sluit
want dan vaar hulle opnuut
die hawe van verbeelding uit

Standard

Strate van gedagtes (My jeugherinneringe)

In die strate van my gedagtes
woon al my jeugherinneringe
van die dae uit my lewe
wat verby gegaan het

Dae gevul met vreugde
met plesier en met geluk
in die strate van my gedagtes
woon hul daar, stuk vir stuk

In ‘n verlore uurtjie
gaan ek hul nou besoek
sodat ek nog vir ‘n wyle
hulle so kan geniet

Want my jeugherinneringe
is soos pêrels, uit ‘n see van tyd
wat ek soos goeie vriende
sal koester tot in ewigheid

Standard