Klaas Vaak

Ver in die donker lug
waar die sterre staan
op ‘n verre plek
verby die silwer maan

Hier woon Klaas Vaak
êrens in droomland
in sy grote kasteel
wat gemaak is van sand

En elke aand opnuut
Val hy in die pad
rigting ‘n klein dorp
of ‘n grote stad

Met ‘n sak vol drome vir kinders
wat slaap in ‘n huis of ‘n gebou
maar die allermooiste drome
my lief bring hy almal na jou

Advertisements
Standard