Huilende hond

Die man wat langs my woon
hy is vannag nie tuis
hy het sy hond alleen gelaat
in sy grote huis

Nou huil die arme dier
in die nagtelik uur
na sy eie skadu
op die wit muur

Die arme eensame dier
deur niemand gehoor
net sy eie eggo
gee hom vannag antwoord

Advertisements
Standard

Drake-doder

In die sprokiesland
van vele eeue oud
woon die groen draak
in die donkere woud

Vele dappere ridders
het hierheen gegaan
om die gevaarlike draak
vir jou te kon verslaan

Ek sal vir jou
die bloederige beskrywing spaar
maar so gaan dit aan
vir jaar na jaar

Vandag had ek geluk
om die drake-doder te verbeel
ek verslaan hom stuk vir stuk
met my geel sambreel

Jy moet my tog glo
op my gesproke swoor
wanneer ek jou sê, so
ek het die draak vermoor

Want daar was geen
enkele getuie, in die land
sonder kop of been
van Omroep Brabant

Standard