Ons groot lugkasteel

Ek bou vandag
met al my krag
‘n groot kasteel
met ‘n sterke brug
van wolke en lug
oranje, rooi en geel

Dis mos almal deur
die kantelson gekleur
wil jy dit sien
sal ek jou wys
hoe jy hierheen reis
in minder as ‘n sekonde of tien

Maak dan jou oë
albei stewig toe
want dan is jy
in die groot lugkasteel
oranje, rooi en geel
net vir jou en my
Standaard

Winterkoue

Waar my vriend is jy?
In die winterland ver van my
Nagte lank het ek jou gesoek
Tot in die verste uithoek
Elke keer sonder resultaat
Reëlmatig hoor ek die winter gaan verby
Kom tog gou beste maat
O warme son net jy maak my bly
Uiteindekik vind ek jou terug
Eendag skyn jy weer in die blou lug

Standaard

Legkaart

Poësie is soos ‘n legkaart vir my
Om my prentjie reg te kry
Elke gedagte van my te wys vir jou
Soek ek woorde om my sinne te bou
In ‘n oomblik lees jy dan my gedig
Ek toor hiermee ‘n glimlag op jou gesig

Standaard

Geluid van ‘n trekklavier

Musiek in my bloed,
kos vir my siel.
saligheid vir my gemoed,
van kinds tyd.

Tinteling op my huid
elke keer weer
al hoor ek die geluid
van ‘n trekklavier

Dis wat ek wil speel
dus ek oefen
met liefde en veel
tot ek eendag

Op die verhoog sal staan
in ‘n volle saal
waar heeltemal vooraan
my ouers sit

Standaard

Vader se kitaar

Musiek in my bloed,
kos vir my siel.
saligheid vir my gemoed,
van kinds tyd.

Darem streel ek elke snaar
met my kindervingers
van my vader se kitaar
daar klink vrolike klanke

Terwyl ek musiek maak
sing my kleine sus
geheel volgens afspraak
vader se gunsteling liedjie

Nog as ek ‘n kitaar hoor
dink ek aan my vader
wat ek veel te vroeg verloor
op die mooie lentedag

Standaard

My koppie koffie

My gunsteling drank
van jare oud
my klein koppie
vloeibaar swart goud

My “koppie troos”
vir elke teenslag
my kragtige hupstoot
al begin die dag

My wonder drank
my “bakkie pleur”
my sagte verleiding
met soete geur

Ek kan nie sonder
my liefde en omgee
wat ek verkies
bô ‘n koppie tee

Dis my koppie koffie
met soveel meer
waarvan ek geniet
elke dag weer

Standaard