My hart se lied

Daar klink ‘n lied
diep in my vandag
op die ritme
van my hart se slag

‘n Klein liefdeslied
sonder ‘n akkoord
of enkele musieknoot
geskryf sonder woord

Maar ek hoor dit
elke dag en elke nag
wanneer jy langs my sit

Dit is die mooiste wat bestaan
as jy hier by my kan bly
dan luister ons saam

Advertisements
Standard

My kleine meisie se hartseer

As my kleine meisie
so lief en so mooi
so onophoudlik huil
dan huil sy haar oë rooi

As my kleine meisie huil
dan huil sy haar wange nat
val een een haar trane
soos die reën in die stad

As my kleine meisie huil
dan vul sy met haar trane
elk meer, breë riviere
maar ook grote oseane

Dus laat my kleine meisie lag
haar trane stadig verdwyn
dan word elke weekdag
opnuut gevul met sonskyn

Want as my kleine meisie lag
dan glinster haar beide oë
helder soos twee kleine sterre
maar verskyn daar ook reënboë

Standard

Jou goeie mater

As die vrees en hartseer
te swaar word om te dra
vir jou liewe Facebook digter
uit die mooie Suid-Afrika

Daar is regtig iets
wat jy hieraan kan doen
elke dag van die jaar
elk oomblik en seisoen

Roep my naam
dan sal ek daar wees
om jou te verlos
van hartseer en vrees

Want jy moet verstaan
ek is jou goeie mater
aan die andere kant
van die groot blou water

Standard

My gedig

Laat my gedig
wat jy nou lees
‘n klein lig
langs jou pad wees

Want ver van my
in vreemde oorde
ek is naby
in hierdie woorde

Kyk ek is hier
want my stem klink
op die papier
in elke spatsel ink

Standard