Jou vashou

Ek mis jou
in heelwat dinge
dus ek hou jou vas
in my herinneringe

Soos foto’s in boeke
of agter glas
die beeld vashou
hoe jy eens was

Of soos jou briewe
wat ek in my kas hou
jou woorde en jou gedagtes
vir my vashou

Advertisements
Standaard

Reën

So lief vir jou
dus vat gou
‘n groot sambreel
want dit reën weer
soentjies sag en teer
net soveel jy daar wil

Standaard

Sien jy kans

Sien jy kans
om te kuier hier?
dan bring ek vir jou
‘n aand vol plesier

Ek sal vir jou speel
op my trekklavier
ek sal liedjies sing
op my manier

Ons sal die lewe
met mekaar vier
as ons vrolik dans
op die pier

Ek sal jou my gedigte
voorlees van papier
al sien jy kans
om te kuier hier

Standaard