Daar word vertel
behalwe puik gedigte
staan daarop Facebook
ook veel berigte
soos die vermissing
van kleine Kees
wat heel graag
in boeke lees
Hy word gesoek
deur sy familie
maar tog vind
hulle Kees nie
waar is Kees
die liewe kind?
die polisie het
hom weer gevind
Nà 1 week
van intensief soek
in sy verbeelding
in ‘n boek
toe sy familie
vra vir hom
hoe hy op
hierdie plek uitkom
Toe was dit
meneer van Oord
van die polisie
wat hulle vraag beantwoord
dis bekend by
groot en klein
kinders wat lees
kan in ‘n boek verdwyn