My liefdeslied vir jou

Liefling kom hier
kom eens gou
ek het ‘n geskenk
alleen vir jou

My hart klop
dag en nag
‘n mooi liefdeslied
teer ‘n sag

Dus kom naby
en druk jou oor
teen my bors
dan kan jy dit hoor

Want die liefdeslied
sag en teer
word deur my hart se klop
vir jou gekomponeer

Standaard

Lewer kommentaar