Pasop vir my hond!

My hond het vlymskerpe tande
aar hy byt niemand in sy hande
want kom hy met sy bekkie
dan gee hy vir jou ‘n lekkie

Maar pas op, kyk uit vir my hond!
hy loop hier by my huis rond

My hond kan na jou blaf
maar jaag niemand van my plaas af
want kinders kan met hom speel
of kan hom saggies streel

Maar pas op, kyk uit vir my hond!
hy loop hier by my huis rond

My hond kan na jou grom
wanneer jy skielik naby hom kom
want jy sal mos wanneer jy hier rondstap
bo-op my Chihuahua kan trap

Dus pas op, kyk, uit vir my hond!
al loop jy hier by my huis rond

Standaard

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s