Die landskap van sy jeug

Daar bestaan geen padkaart nie
maar my liewe kind
later sal Jy hierin
alles wat die moeite werd was vind

Dis ‘n lang avontuurlik reis
van jou wieg tot jou kis
met daar tussen die mooie tyd
wat heel jou lewe is

Daar is niemand wat weet
waarheen sy paaie lei
in die landskap van sy jeug
want die roete bepaal jy

Maar my kind belowe my
wanneer jou reis gaan
deur dae vol teenslae
hou dan asseblief aan

Want daar kom ‘n eind
aan al hierdie narigheid
dus geniet solang jy kan
die reis deur jou kindertyd

Standaard

Laat 'n boodskap

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out /  Verander )

Google photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google. Log Out /  Verander )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out /  Verander )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out /  Verander )

Connecting to %s